Inleiding
Werkgroepe word getaak om toe te sien dat bogenoemde doelwitte in die totale bediening neerslag vind. Die agendas van elke werkgroep sal aangepas word om die tema van dissipelskap te bevorder en ook aan te sny by die temas wat maandeliks hanteer sal word. Die werkgroepe van die permanente- en studentelidmate sal ook soos die ouderlingevergadering afsonderlik funksioneer. Die volgende werkgroepe sal elkeen op hulle eie werksterrein funksioneer: Pastoraat en Presbiteraat (Opsig), Erediens (Viering), Diakens (Barmhartigheid), Apostolaat (Uitreik), Kommunikasie en Sosiaal. Alhoewel Gesinsorg nie as ‘n werkgroep funksioneer nie, vorm dit ‘n belangrike onderdeel van die bediening.
Die samestelling, werksopdrag en doelwitte vir 2009 vir elke werksgroep word vervolgens uiteengesit. Gesinsorg as bediening word ook hanteer.
Opsig
Samestelling:
Verantwoordelike predikant: Dr Piet van Staden/ Studente: Ds Martin Slabbert
Voorsitter en skriba van die ouderlingevergadering
Koördineerder van die fokus-groepe
Verteenwoordiger uit elke belangegroep wat nie reeds verteenwoordig is nie.
Werksopdrag:
Die beplanning en evaluering van die geestelike versorging van lidmate vir die verslag aan die Ouderlingevergadering. Dit beteken dat soveel as moontlik lidmate deel sal wees van ons Volg My!-tema en byeenkomste, groepe se vordering sal gemonitor word en dat lidmate wat nie by fokusgroepe inskakel nie, besoek sal word deur predikante, ouderlinge of lede van groepe waar hulle behoort in te skakel.
Die monitering van die inskakeling van nuwe lidmate
Die voorbereiding van die verslag van die werksaamhede van die predikante en ouderlinge vir voorlegging aan die ouderlingevergaderings
Die afhandeling van die verslag aan die Ringsvergadering
Die stuur van ‘n afgevaardigde na die ringskomitee vir pastoraat en presbiteraat
Die werkgroep vergader voor elke Geloofsfokus-geleentheid.
Aksiestappe vir 2009:
Erediens
Samestelling:
Verantwoordelike predikant: Dr Sanrie de Beer
‘n Verteenwoordiger van die ouderlinge
‘n Verteenwoordiger van die diakens
‘n Verteenwoordiger van elk van die fokus-groepe
Werksopdrag:
Identifiseer metodes om die erediens sinvol te laat verloop
Bepaal faktore wat groei belemmer, mense onwelkom laat voel en bedink oplossings
Stel metodes van erediensevaluering in werking
Ondersoek die plek van kinders in die erediens
Ondersoek die bestaansreg van ‘n sanggroep en metodes om gemeentesang te bevorder
Doen ondersoek na die liedere wat in die erediens gesing word
Sorg vir ‘n verslag aan die ouderlingevergadering
Handel die verslag van die Ringsvergadering af
Die stuur van ‘n afgevaardigde na die ringskomitee vir erediens
Aksiestappe vir 2009:
Uitreik
Samestelling:
Verantwoordelike predikant: Ds Martin Slabbert
‘n Verteenwoordiger van elkeen van die uitreik-aksies
Driven, Kinders in Nood, Broodaksie, Bejaarde-brigade, Ondersteuningsraadkamp, Fietstoer,
‘n Verteenwoordiger van elk van die fokus-groepe
‘n Verteenwoordiger van die diakens
Werksopdrag:
Fasiliteer en inisieer aksies wat gemeentelede help om die evangelie in woord en daad uit te leef na buite
Sien toe dat alle gemeentelike aktiwiteite so ingerig is dat dit ook ‘n missionêre dimensie sal hê
Fasiliteer geleenthede waar gelowiges toegerus word om hulle geloof te deel
Sorg vir verslag aan die ouderlingevergadering
Handel die verslag aan die Ringsvergadering af
Stuur ‘n afgevaardigde na die ringskomitee vir apostolaat
Vergader ten minste drie maal per jaar
Aksiestappe vir 2009:
Kommunikasie
Samestelling:
Verantwoordelike predikant: Ds Martin Slabbert
Verteenwoordigers van elke fokus-groep
Persoon belas met opname van eredienste
Verteenwoordiger van afkondigingsblaadjie
Versorger van gemeente-koerant
Werksopdrag:
Bedink metodes vir effektiewe kommunikasie op alle vlakke
Sorg vir erediensopnames en bedink metodes van verspreiding
Sorg vir die koördinering en kommunikasie van en na fokus-groepe
Aksiestappe vir 2009:
Sosiaal
Samestelling:
Verantwoordelike predikant: Dr P van Staden (permanente lidmate)
Ds Martin Slabbert & Dr SM de Beer
(studente)
Verteenwoordigers van elke fokus-groep
Studente-ouderlinge met opdrag: sosiaal
Werksopdrag:
Koördinering van alle projekte in die gemeente oa gemeentekamp, dinee, gemeente-etes en feeste
Aksiestappe vir 2009:
Diakens (Diens)
Samestelling:
Verantwoordelike predikant: Dr Sanrie de Beer
Verteenwoordigers van fokus-groepe
Diakens
Werksopdrag:
Hanteer alle diens-aksies binne die gemeente oa die Ondersteuningsraadkamp, bejaardes, ens
Neem verantwoordelikhede tydens eredienste
Studente samel offergawes in
Vergader ten minste drie maal per jaar
Handel verslag aan die Ringsvergadering af
Stuur verteenwoordiger na die Ringsvergadering
Aksiestappe vir 2009:
Gesinsorg
Samestelling:
Verantwoordelike predikant; Ds Martin Slabbert & Dr Sanrie de Beer
Elke bediening vergader apart. Bedieninge wat onder Gesinsorg sorteer is die volgende:
Kategese
Kinderkerk
Gemeentekamp
Alle kampe
Werksopdrag:
Elke bediening vergader apart, maar kategese en kinderkerk vergader minstens drie maal per jaar
Handel die verslag aan die Ringsvergadering af
Maak seker dat dit deel van die gemeente se bediening is om die behoeftes van lidmate in elke faset van hul lewens aan te spreek.
Sien toe dat kinders betrokke is by die gemeente-aktiwiteite
Skep geleenthede dat belangstellende lidmate lewensvaardighede kan ontwikkel waartydens bepaalde lewenskwessies aangespreek word, byvoorbeeld huweliksverryking, sleepkamp, kategesekamp, finalejaarkamp ens.
Welkom by
Philadelphia Gemeente
© 2012 Created by Philadelphia Gemeente.

Jy moet 'n lid wees van Philadelphia Gemeente om kommentaar te lewer!
Join Philadelphia Gemeente