Hoe vry die studente, sleep-sleep so… Die sleepkamp word elke jaar gehou en is beroemd en berug as die kamp vir paartjies. Hier leer `n mens jou wederhelfde, en ander paartjies, werklik ken – met 30 seconds, `n avontuurbaan, rolspel en laataand gesprekke. En moenie bekommerd wees nie, tussen gesprekke, speletjies en ontspanning, is daar ook genoeg tyd vir vry(e) tyd, soos ds. Martin altyd met blink oë daarna verwys.
Die sleepkamp is `n baie leersame, maar ook pret naweek. Dis `n geleentheid om jou maat te leer ken en verstaan, in `n positiewe atmosfeer. Dis `n uitdaging, maar een wat elke paartjie beslis met albei arms moet aangryp. So moenie die volgende kamp misloop nie, ek daag jou uit…
Sonja
Jy moet 'n lid wees van Philadelphia Gemeente om kommentaar te lewer!
Join Philadelphia Gemeente