Reeds vroeg verlede Saterdag - 15 Oktober 2011 - was daar 'n klomp opgewonde lidmate van Philadelphia by die kerk en hard aan die werk.

Die wenslys het na 'n redelike handvol gelyk, maar met die entoesiastiese samewerking van permanente lidmate en studente, het ons beslis 'n groot verskil by die kerk gemaak!

Die gestremde badkamer is oorgedoen, die Moederskamer is mooigemaak, die mure is afgeskuur, die tuin is opgeknap met nuwe rose, blomme, bome en die nodige kompos, ons het 'n spuitfontein aangekoop, die sagteware in die kantoor is opgedateer en die bord in Lunnonstraat opgesit!
Op hierdie stadium het ons dan ook meer as R 40 000 ingesamel!

Verder het ons uitstallings van al ons bedieninge en bedrywighede in die saal gehad en die dag is goed afgerond met worsbroodjies en koeldrank vir al die harde-werk-hongerpyne!

Dankie aan elkeen wat sy tyd, geld en hande opgeoffer het om dan op so 'n manier dankie te sê aan ons God en Vader wat ons so oorvloedig seën. Dit was werklik 'n groot sukses!

Views: 10

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Philadelphia Gemeente om kommentaar te lewer!

Join Philadelphia Gemeente