GAAN-VIR-GOUD DANKFEES

Op 15-16 Oktober hou Philadelphia 'n DANKFEES om ons dankbaarheid vir alles wat ons het, teenoor God te betoon, in die vorm van ons handewerk by die kerk of deur ons "tiende" op Sondag 16 Okt. in die sakkie te gooi.

Indien jy lus voel om die Saterdag by die kerk te kom werk of jou bydrae te maak vir 'n spesifieke saak, kan jy gerus na die volgende wenslys kyk en besluit watter aspek jy jou werkie gaan maak:

15 Oktober WENSLYS:

Totale oordoen van die kombuis;
Inhoud van die kombuis aanvul;
Bou van die meditatiewe lokaal;
Versier van die toilet vir mense met gestremdhede;
Nuwe matte in die kerk;
Mooi maak van die Konferensielokaal;
Mooi maak van die Kinderkerk;
Gemaklike banke vir die saal;
Mikrofone vir die instrumentaliste + koor;
Regmaak van die beligting in die kerk;
Regpak van stoorkamer;
Mooi maak van tuin;
Blomme vir die tuin;
Gruis vir die parkeerarea;
Verf van mure en plafonne;
Verbetering van Moederskamer;
Aanvul van tuingereedskap;
Hulp met die sagteware + hardeware in die kantoor;
Groot drom-braaiers vir die kerk;
Hulp met die kos vir die Fees;
Filterkoffie-poeier vir Sondae.

Indien jy met die bogenoemde wil help, kan jy my gerus laat weet by 0795021990 of gemeentebestuurder@philadelphia.co.za.

Groete,

Rue

Views: 8

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Philadelphia Gemeente om kommentaar te lewer!

Join Philadelphia Gemeente