Eerstejaarkamp 2011 is om die draai. Moenie agter gelaat word nie - maak seker jy is deel daarvan. Of jy nou eerstejaar of senior is, die Eerstejaarkamp is net die plek om die jaar af te skop! 22-27 Januarie 2011. Registreer hier!

Hoekom moet jy kom kamp?

Ons bied jou die langste, lekkerste en goedkoopste kamp in Pretoria!!! (Studies van die afgelope 5 jaar)

6 dae van pret
kuier om die kampvuur
dans tot die son opkom
hindernisbaan, leteriabaan, dinee, dok skok, bybelstudie, seniors- en eerstejaarskamp konsert
nagmars en sterrekyk
volleyball/kleilat
word 'kampus'-wys
maak HOPE nuwe koshuis- en swotpelle
ADRENALIEN BELAAI > ONTDEK JOUSELF > VERDIEP JOU GELOOF > WEES DEEL VAN 'n DINAMIESE STUDENTEGEMEENTE > MOENIE AGTER GELAAT WORD NIE!
Belangrike tye

Registrasie: Saterdag, 22 Januarie 2011, 08:00 by die kerk
Verwelkoming: 10:00 saam met ouers
Kamp eindig: Donderdag, 27 Januarie, 14:00 weer by kerk
Koste

R800 pp (R850 pp na 15 Desember)
Alle gelde moet asb voor 5 Januarie betaal wees
Golfhemde sal op registrasiedag beskikbaar wees teen R70/hemp
Kontak Ons


Ds. Martin - 082-655-4787
Dr. Sanrie - 083-226-1866

Sien hier vir al ons kontak en bank besonderhere. Gebruik asb naam en van as verwysing.

Registreer hier vir Eerstejaarskamp 2010.

Benodighede

Bybel
gemaklike klere vir 5 dae
2 stelle ou klere
1 stel semiformele klere
swemklere
slaapsak en kussing
toiletbenodighede, 1 rol toiletpapier
kamera
pen en notaboek
eetgerei met vadoek
snoepiegeld

Views: 8

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Philadelphia Gemeente om kommentaar te lewer!

Join Philadelphia Gemeente