Die gemeente Philadelphia is gestig op 13 Junie 1964
as ‘n suiwer studente- gemeente. Na die stigting is die huidige
kerkgebou van ons gemeente, wat toe aan Pretoria-Oos behoort het,
vir ‘n tyd lank saam het hulle gebruik, waarna die studente
uitgewyk het na ‘n lesingsaal by die Universiteit. In die
sewentiger jare het die kerkgebou die eiendom van Philadelphia
geword.
Vroeëre predikante wat die gemeente alleen bedien het
was:
- Dr J.I. deWet (1964-68)
- Dr G.M.M. Pelser (1968-72)
- Dr S.J. Botha (1972-75)
- Dr G.N.Bloem (1975-81)
- Ds R.J. Coertze (1982-83)
In 1984 is Dr Piet van Staden na die gemeente beroep
en is ‘n tweede standplaas deur die Kerk goedgekeur. Predikante wat
sedert 1984 saam met Dr Piet van Staden gewerk het was:
- Ds Wessel Swart
- Ds Tinus Riekert
- Ds Frikkie Viljoen
- Ds Debbie Lotter (deeltyds)
In 1995 word Ds Hannes van der Merwe na die gemeente
beroep. Na sy vertrek word Ds Martin Slabbert en Mariaan Schutte
(Basson) in 2002 is na die gemeente beroep en dr Piet het afgeskaal
na ‘n deeltydse standplaas. In 2006 verlaat Ds Mariaan ons en word
Dr Jonanda Groenewald beroep. Ná haar vertrek in 2008 beroep die
gemeente Dr Sanrie de Beer. Ná Dr van Staden emeriteer aan die
einde van 2010 is Ds Martin en Dr Sanrie tans die twee voltydse
predikante.
Aanvanklik was Philadelphia ‘n suiwer
studentegemeente met enkele permanente lidmate. Nadat die Algemene
Kerkvergadering egter besluit het dat gemeentegrense nie meer
rigied is nie, is al meer lidmate toegelaat om hier in te skakel.
Om die rede het die gemeente die afgelope jare ‘n stewige groei
beleef.
Die gemeente bestaan uit ongeveer 400 studente van
UP. Die permanente deel van die gemeente bestaan uit ongeveer 300
lidmate wat feitlik van oral in Pretoria kom. Heelwat van hulle is
jong mense wat Philadelphia as studente leer ken het, maar daar is
ook baie lidmate wat vir ‘n tyd lank eredienste bygewoon het, wat
tuis gevoel het en gevoel het om Philadelphia hulle geestelike
tuiste te maak.